Local newsNews

Plaaslike skrywer laat derde boek die lig sien

Conradie is tans besig met sy vierde boek.

Maartin Conradie (62), bekende gospel sanger, skrywer en evangelis het onlangs ‘n derde boek vrygestel.

Die boek getiteld Openbaring, ‘n geestelike inspuiting, handel oor die Bybelboek Openbaring.

“Om boeke te skryf is nie maklik nie en veral nie oor Openbaring nie,” het Conradie, wat in Sherwood Gardens woon, vertel.

“Daar is al soveel daaroor gesê en geskryf. Daarom voel ek nederig en begenadig om te kan skryf. Die boek is net na die grendel tydperk gebore en het gegroei uit Openbaring self. Ek het geleer uit ondervinding dat mens Openbaring sien vanuit die bril wat jy daarna kyk.

“My persepsie van die boek het beslis verander nadat ek daarin gelees het wat die Engel van die Here Jesus vir Johannes gesê het hoekom Hy alles aan hom gesê het en gewys het in Openbaring.


Tributes pour in for stalwart


“Dit is vanuit hierdie ontdekking wat ek besef het die Here wil hê ons moet ons oë op Hom hou en in verhouding met Hom groei om staande te bly in die tye wat kom.”

Die boek word uitgegee deur MEC Publishers. Dit is nie aanlyn beskikbaar nie en kan van die skrywer direk bestel word.

Daar sal van die boeke uitgestal word tydens die optrede op 6 Mei by die Tweedy Park.

Conradie is tans besig met sy vierde boek wat ‘n holistiese beskouing is van genesing en veral Goddelike genesing.

Hy kan per e-pos bereik word by gospeloutreaches@gmail.com



Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button