Inwoner skenk merkwaardige 300 eenhede bloed
Eben Groenewald raai mense aan om te skenk as hulle kan want "elke bietjie help".
Eben Groenewald (68) van Minnebron het onlangs erkenning van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) gekry nadat hy sy 300ste eenheid bloed geskenk het.
Die pensioenaris wat graag net lewens wil red en help waar hy kan, het ‘n A-bloedgroep, wat die derde skaarste bloedgroep is. Hierdie groep kan vir enige A en AB bloedgroepe skenk, wat dit ‘n waardevolle skenking maak.
Gelukkig moes Eben nog nooit in sy eie lewe bloed ontvang nie, want net A- en O-tipe bloed kan vir Eben gegee word.
: SANBS battles strained blood stocks
Hoewel Eben ‘n merkwaardige mylpaal bereik het, waarvoor hy ‘n geskenkpakkie, koek en koeldrank ontvang het, gaan hy steeds aanhou om bloed te skenk.
“Sedert my kinderdae was my mikpunt 300 eenhede, maar nou gaan ek aanhou tot ek nie meer kan nie,” het hy vertel.
Niemand anders in Eben se gesin skenk gereeld bloed nie, maar hy raai steeds aan dat almal wat kan skenk dit tog moet doen.
: Urgent appeal for blood donations as SANBS stock levels are severely compromised
“Elke bietjie help.”
Die SANBD is steeds in dringende nood vir enige bloedskenkings en die publiek word aangeraai om hul kant te bring.
Eben het, volgens Terrance Pillay van SANBD, ongeveer 600 mense al gered met sy bloed, aangesien elke eenheid basies twee mense se lewens kan red.




