Local newsNews

Dalwers dring deur na nasionale redenaarskompetisie

Die leerders het omtrent presteer en een van hulle neem deel aan twee nasionale kompetisies.

Twee leerders van die Laerskool Dalview, Carli du Toit (Graad Vyf) en Lanieke Visser (Graad Sewe), het aan die interskole redenaars deelgeneem en baie goed gevaar.

Beide het deurgedring na die nasionale rondte wat op 16 September by die Wits Universiteit sal plaasvind.

Lanieke sowel as nog twee leerders, Jennilee Schoeman (Graad Vyf) en Mia Pitzer (Graad Ses), het ook presteer by die ATKV semi-finale redenaarskompetisie.

Lianieke en Jennilee het in die top 10 plekke behaal, en Mia is as ‘n reserwe aangewys.

Die ATKV landfinale gaan op 17 en 18 Augustus by die ATKV Goudini Spa plaasvind.




Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button