Projek vir minderbevoorregte kinders skop af
Die Kersboom help sowat 300 kinders elke jaar.

Belinda Coetzer, die voorsitter van Brakpan vir Brakpan (B4B), is druk besig om items in te samel vir die organisasie se Kersboom wat jaarliks plaasvind.
Die Kersboom word gehou vir minderbevoorregte kinders tussen die ouderdom van ses en 13 jaar.
“Ons benodig 300 skoenbokse wat reeds oorgetrek is met geskenkpapier,” het Belinda verduidelik.
“Ons het die items wat in die bokse geplaas gaan word, oor die volgende paar maande ingedeel sodat ons die doelwit kan bereik.”
“Tot die einde van Junie wil ons graag tandepasta, waslappe, tandeborsels en badseep bymekaar maak.
“Gedurende Julie wil ons basiese skoolbenodighede ontvang, in Augustus ‘n stel somersklere vir elke boks, en in September pakkies lekkergoed.”
Persone wat wil help of navrae oor skoolbenodighede of mates vir klere kan aan Belinda gerig word by 076 167 4328. Laai skenkings af by Hamiltonlaan 118.