Skoonmaak groep wil park in Dalview regruk
Die park by die Dalview Tennisklub is die volgende projek wat die Brakpan skoonmaak groep gaan aanpak.
Die park by die Dalview Tennisklub is die volgende projek wat die Brakpan skoonmaak groep gaan aanpak.
Die groep het in die verlede verskeie areas in die dorp skoongemaak, as deel van hul veldtog om onooglike areas te transformeer en die trots van die dorp te herstel.
Die skoonmaak sessie van die park vind op 29 Julie plaas.
Vrywilligers kan om 07:30 by die klub, wat te Craigholmstraat 27 geleë is, bymekaarkom.
Diegene wat bereid is om hand by te sit, word versoek om harke, rantsnyers en ander tuingereedskap, wat kan help, asook vullissakke saam te neem.
Daar is ook ‘n versoek van die organiseerders aan persone met bakkies of sleepwaens om te help met die verwydering van die rommel.
Vir meer inligting kan die organiseerder Mary-Anne Ravenscroft by 071 047 4173 gekontak word.