Local newsNews

VLU raak kreatief met Kerskranse

Die lede het dit geniet om die draad klerehangers te versier.

Die VLU Brakpan-tak het Dinsdag by die Just Wheels Klub vergader, waar hulle voorberei het vir die Kersseisoen.

Mary-Anne Sargeant het die lede gewys hoe om Kerskranse te maak met draad klerehangers en goed wat jy in jou tuin kan kry.

Sy het ook vir die vroue gewys hoe om oulike strikkies te vou met lint.

Terwyl almal besig was om hul kranse aanmekaar te sit is daar weer ‘n oorsig gegee oor die opkomende geleenthede, wat konferensie- en kongres inligtingsoggende insluit.

Die tak gaan ook op 29 Oktober vir die laaste keer hierdie jaar pannekoek by die Just Wheels Klub opedag bak, om fondse in te samel.

Die Brakpan-tak van die VLU vergader elke tweede Woensdag van die maand, en belangstellendes kan Delores van Rooyen by 083 785 6104 kontak .


ALSO READ: Kit Kat Cash and Carry: Retail kings with heart

ALSO READ: Woodworkers showcase their skill at annual fair




Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button