Local newsNewsSport

Brakpan stoeiers ryg medaljes in

Brakpan se stoeiers het weggestap met sewe goue, twee silwer en drie brons medaljes.

Sestien stoeiers van die Brakpan Stoeiklub is tydens proewe wat gedurende Augustus plaasgevind het, gekies om die Ekurhuleni Stoei Federasie te verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse Jeug Kampioenskappe.

Dié kampioenskappe het op 7 Oktober te Pretoria plaasgevind.

Stoeiklubs, benewens Brakpan wat deel van die Ekurhuleni-span was, was Boksburg, Alberton, Primrose, Benoni, Elsburg asook die Battleground Klub.

Ekurhuleni het ‘n span van 75 stoeiers gehad om deel te neem aan die kampioenskappe.


Sion Erasmus.

Brakpan se stoeiers het hul staal op die mat getoon en weggestap met sewe goue, twee silwer en drie brons medaljes.

Dié goeie medalje oes het ook gesorg dat die Brakpan Stoeiklub die meeste medaljes van die deelnemende klubs uit die Ekurhuleni-streek gewen het.

Dit was egter nie net die Brakpan klub se stoeiers wat uitgeblink het nie.


Zaiden Botha.

Agter die skerms was daar ook twee beamptes, een vroulike administrasie beampte, een spanbestuurder en drie afrigters van die Brakpan klub, wat gekies was om deel te wees van die Ekurhuleni amptenary-span vir die kampioenskappe.

Voorts is drie stoeiers ook gekies om op 28 Oktober aan die Noordvaal Toernooi deel te neem. Hulle is Zaiden Botha 34kg, Sion Erasmus 38kg en Handré Erasmus 27kg.

“Dit was ‘n baie suksesvolle jaar vir die Bulldogs en ons wens ook die drie stoeiers wat aan die Noordvaal Toernooi gaan deelneem alle sterkte toe,” het afrigter Gert Erasmus gesê.

Persone wat belangstel om by die Brakpan Stoeiklub aan te sluit kan vir Anandi Erasmus by 083 303 8042 of vir Gert Erasmus by 076 022 7772 skakel.




Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button