Local newsNews

Damesoggend sorg vir kos vir die siel

Die dames het mekaar leer ken en hul stories met mekaar gedeel.

‘n Groep vroue het onlangs ‘n damesoggend by die Maroela Farmhouse Restaurant te Hamiltonlaan geniet.

Elke tafel het sy eie gasvrou gehad wat kos, versierings en kaartjies voorsien het aan die gaste. Tafels is volgens ‘n tema versier en ‘n prys vir die beste tafel is ook oorhandig.

Verskeie gassprekers, insluitend Berti Vosloo en René Oosthuizen, die mede-eienaars van Maroela Farmhouse het die gaste toegespreek.

Berti Vosloo het verduidelik dat die oggend aangebied is om ‘n ondersteuningsraamwerk vir vroue daar te stel.

Die gaste het ook blikkieskos saamgeneem om aan Eventide Tehuis te skenk.

“Ek glo, hoop en vertrou die vroue het mekaar se verhale ingeneem,” het Berti gesê.




Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button