Local newsNews

Sonneveld Akademie skuts neem deel aan SA’s

Sestien van die leerders het as deel van die ESSU-span deelgeneem.

‘n Groot aantal skuts van Sonneveld Akademie se skyfskiet-span het van 1 tot 5 Oktober aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Skoleskuttersunie (SANSSU) se SA kampioenskappe deelgeneem as deel van die Ekurhuleni School Shooting Union (ESSU) span.

Sonneveld Akademie het 26 skuts, waarvan 16 gekwalifiseer het om as deel van die 61 ESSU skuts te skiet by die SA kampioenskappe.

Van die ouderdomme van nege tot 13 skiet leerders met ‘n pistool, waar hulle of sit of staan.

Die jonger skuts rus hul pistole op ‘n blokkie wat verstelbaar is. Ouer leerders kan met die geweer skiet waar hulle staan, kniel en lê en mik.


LEES OOK: SAPS warns about increase in vehicle-related crimes


Aan die begin van die jaar is daar proewe vir die skyfskiet, waar daar gekyk word na leerders se groepering (hoe naby aan mekaar en die middel van die teiken die koeëlgate is) om te besluit wie gaan deelneem met die skool se toerusting.

Leerders oefen twee keer per week en neem een keer ‘n maand van Februarie tot Augustus aan proewe deel by die Hoër Tegniese Skool in Springs.

Uit agt proewe se tellings word die top vier in ag geneem om te bepaal of die skuts kwalifiseer om vir ESSU te skiet by die SANSSU kampioenskappe.

Een van Sonneveld se leerders, Karien Drotskie (o12) het selfs ‘n trofee ontvang van ESSU vir top pistool skut.




Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button