Local newsNews

Vrou betaal bejaarde se inkopies

Die onbekende vrou het die inkopies betaal en die bejaarde na sy voertuig gehelp.

Vanessa Beetge skryf per e-pos:

Daar is wonderlike mense in Brakpan.

My bejaarde pa (83) was verlede week in ‘n SPAR in die dorp om ‘n paar goedjies te koop.

Hy dra sy bankkaart en ’n bietjie kontant in ‘n leersakkie (nie ‘n beursie nie).

By die betaalpunt het hy gesukkel om die sakkie oop te kry.

‘n Vrou, wat ager hom in die ry was, het vir hom gesê om sy sakkie te bêre en sy het vir sy inkopies betaal. Die totaal was ongeveer R300.

Sy het daarna saam met hom na sy voertuig geloop en hom gehelp om die pakkies in sy kar te laai.

Hy het geen idee wie sy is nie. Ek hoop werklik dat sy hierdie sal lees en ons dankbaarheid sal aanvaar.

Ons wens ook vir almal by die Brakpan Herald ‘n Geseënde Kersfees en ‘n mooi nuwe jaar toe.



LEES OOK: Danny Painter speaks out on grief and the holidays

LEES OOK: Residents urged to collect ID smart cards from Home Affairs

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button