Die vier leerders in die top drie plekke het almal pryse van die skool ontvang. Hulle is Jayden du Toit, Chanté Janse van Rensburg, Liandry Martens en Juandré Mostert, hier te sien by die skoolhoof, Pieter de Bruyn.
Die 2023 matrikulante van die Hoërskool Stoffberg het Vrydag, soos alle publieke skole in die land, hul matriekuitslae ontvang.
Die skool se top presteerders is ook met pryse beloon. Die top presteerder, Tonya Muller met 80.1% as ‘n gemiddeld het ‘n skootrekenaar van die skool ontvang.
Liandry Martens se gemiddeld van 78.1 het vir haar ‘n kontantprys ter waarde van R2 500 in die sak gebring.
Die twee leerders in ‘n gesamentlike derde plek, Chanté Janse van Rensburg en Jayden du Toit met ’n gemiddeld van 73.9% elk, deel ‘n kontantprys van R1 500.
Liandry het vier onderskeidings losgeskryf, en Jayden en Tonya het elk drie onderskeidings behaal.
Daar is ‘n aantal leerders is wat 79% vir vakke behaal het, wat nou beoog om hulle vraestelle te laat hermerk met die hoop om meer onderskeidings te behaal.
Tonya Muller het in Engels eerste addisionele taal, rekenaartoepassingstegnologie en toerismestudies onderskeidings behaal. Sy wil veeartseny studeer, en is op die kortlys vir veeartseny, maar aanvaar vir biologiese wetenskappe by haar universiteit van keuse.
Chanté Janse van Rensburg en Jayden du Toit ontvang hul kontantpryse van Rikus van Aardt.
Liandry Martens het in Engels eerste addisionele taal, wiskunde geletterdheid, besigheidstudie en verbruikerstudie onderskeidings behaal. Sy wil graag 'n besigheidskonsultant word en gaan besigheidstudies deur Unisa studeer.
Juandré Mostert oorhandig die skootrekenaar aan Tonya Muller terwyl die skoolhoof Pieter de Bruyn toekyk.
Jayden du Toit het onderskeidings in wiskunde geletterdheid, rekenaartoepassingstegnologie en ingeneursgrafika en -ontwerp verwerf. Hy werk reeds en beoog om inligtingstegnologie en rekenaarwetenskap deeltyds te studeer.
Pieter de Bruyn het Leandry Martens gelukgewens en 'n kontantprys aan haar oorhandig. Rikus van Aardt is saam met hulle in die foto.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!