Die 2023 matrikulante van die Hoërskool Stoffberg het Vrydag, soos alle publieke skole in die land, hul matriekuitslae ontvang.
Die skool se top presteerders is ook met pryse beloon. Die top presteerder, Tonya Muller met 80.1% as ‘n gemiddeld het ‘n skootrekenaar van die skool ontvang.
Liandry Martens se gemiddeld van 78.1 het vir haar ‘n kontantprys ter waarde van R2 500 in die sak gebring.
Die twee leerders in ‘n gesamentlike derde plek, Chanté Janse van Rensburg en Jayden du Toit met ’n gemiddeld van 73.9% elk, deel ‘n kontantprys van R1 500.
Liandry het vier onderskeidings losgeskryf, en Jayden en Tonya het elk drie onderskeidings behaal.
Daar is ‘n aantal leerders is wat 79% vir vakke behaal het, wat nou beoog om hulle vraestelle te laat hermerk met die hoop om meer onderskeidings te behaal.