Local newsNewsSchools
Nuwe Aries laat waai op die altetiekbaan
Die skool het hul atletiekseisoen afgeskop met hul jaarlikse Graad Een atletiek-aand.

Laerskool Die Arend se nuwe Graad Een leerders het onlangs aan die skool se jaarlikse atletiekaand deelgeneem.
Die nuwelinge het in die 60m en 80m-items meegeding, onder luide aansporing van hul ouers en ander belangstellendes.
Soos oudergewoonte het die klasse elk volgens ‘n tema aangetrek, wat vanjaar onder andere superhelde, Smurfs, koeie en onder-die-see ingesluit het.
Die klasse het aan ‘n optog deelgeneem om met hul kostuums te spog, waarna die atletiek begin het.
Die klein atlete het gewoeker op die baan, en hulself gate uit geniet by tydens die eerste sportgeleentheid van hul laerskool loopbaan.
Lees ook: ‘Stink Visse’ is nou ware Ankers
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.