Local newsNewsSchools
‘Stink Visse’ is nou ware Ankers
Die groentjie konsert is jaarliks ’n hoogtepunt op die skool se sosiale kalender.

Daar is sedert die begin van die nuwe skooljaar hard agter die skerms by Hoërskool Die Anker gewerk om, soos gebruiklik, ’n top-klas groentjie konsert op die planke te bring.
Die konsert is Maandag en Dinsdagaande in ’n stampvol skoolsaal aangebied en besoekers is nie teleurgestel nie.
Dinsdagaand, tydens die gala aand, was die teenwoordigheid van die sanger, Dodo, op die verhoog ook ‘n hoogtepunt.
Dodo het na ‘n TikTok uitdaging, waaraan die skool deelgeneem het, sy verskyning by die konsert gemaak.
Die ‘Stink Visse’ soos die Graad Agt leerders geheet het, is nou goed ingelyf by die skool en reg om die volgende vyf jaar van hul hoërskoolloopbaan aan te pak.
Lees ook: Ankers maak hul skool trots deur harde werk
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.