Local newsNews

Egpaar vier 50 jaar van goue geluk

Die egpaar is deur ‘n familielid aan mekaar voorgestel.

Dalpark Proper inwoners, Josef (72) en Hettie (73) Bruinette vier vandag (Vrydag) hul 50ste huweliksherdenking.
Josef woon al van sy geboorte in Brakpan het Hettie het na Brakpan verhuis in 1967 toe sy 17 jaar oud was.

Die egpaar is deur ‘n familielid aan mekaar voorgestel en is in 1974 in die NG Kerk, Brakpan-Wes gemeente getroud.

Hul kinders Jacques Bruinette (48) en Estie-Drien Britz (43), het ook albei in Brakpan groot geword en skool gegaan en woon nog steeds in die dorp.

Daar is ook drie kleinkinders, Viaan Bruinette (20) asook Estiaan (21) en Hestie Britz (15).

Lees ook: Kunswedstryd spog met nuwe baadjie

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button