Ankers vaar goed voor reën die byeenkoms halt
Die byeenkoms het wel uitgereën, maar die atlete het goed gevaar in beskikbare tyd.
Hoërskool Die Anker het Vrydagaand by die Zwartkop Hoërskool aan ‘n interskole atletiekbyeenkoms deelgeneem.
Die byeenkoms is kortgeknip as gevolg van reën, maar die atlete het steeds goed gevaar.
Deelnemende skole was Zwartkop Hoërskool, Hoërskool Monument, Hoërskool Montana en Potchefstroom Gimnasium.
Goue medalje wenners was Layla Diedericks met o19 hoogspring, Krize Joubert met o17 gewigstoot en Xander Roux met o17 gewigstoot.
Silwer wenners was Paul Schutte met o19 400m hekkies, Anru Doman met o19 spiesgooi, Darius Dekker met o17 hoogspring, Dantey Smith met o15 300m hekkies en Kaden Herbst met o14 200m.
Brons wenners was Keagan Botha met o19 1 500m, Shinique Steyn met o19 400m hekkies, Dominique van der Merwe met o17 gewigstoot, Kyla Vorster met o16 200m, Dantey Smith met o15 200m, Ruan van Zyl met o14 verspring en Eugene Dannhauser met o14 diskus gooi.