Local newsNews

Projek bring welkome verandering

Sekere dele in die dorp word geïdentifiseer en reggeruk.

Alhoewel die Clean Bakpan Gemeenskapsprojek ‘n enorme taak in die gesig staar om die toestand van die dorp se openbare parke en fasiliteite op te knap en te onderhou, is die impak wat daar weekliks gemaak word duidelik sigbaar.

Die Clean Brakpan Gemeenskapsprojek is tot stand gebring deur die voorsitter van die Brakpan Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), Tinus Jordaan en Kim van Zyl (ook ‘n GPF lid).

Sekere dele in die dorp word geïdentifiseer en met die hulp van vrywilligers en besighede wat skenkings maak of mannekrag verskaf en tuingereedskap beskikbaarstel word die onooglike plekke reggeruk.

Saterdagoggend is daar voortgegaan om die massiewe stuk grond, waar die Brenthurst Tennisklub jare gelede nog ‘n trots van die dorp was, onder hande geneem.


LEES OOK: Grave reunites Canadian with ancestor


Aan die einde van ‘n lang warm dag was daar ‘n groot verskil sigbaar. Hierdie Saterdag is die groep se visier op die Van Eck Substasie gevestig.

Die substasie was verlede week ‘n toppunt van bespreking danksy kragonderbrekings wat groot dele van die dorp ervaar het. (Sien berig op die voorblad).

Daar word beplan om die lang gras om die substasie te sny om sodoende ‘n brandgevaar uit te skakel. Die lang gras dien ook as skuilplek vir kabeldiewe.

Persone wat belangstel om te help kan vanaf 8:00 by die substasie aanmeld. Besighede of individue wat hul weg oopsien om met skenkings te help kan 068 881 9839 skakel.


LEES OOK: Springs SPCA welcomes Hoërskool Die Anker with paws wide open


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button