Local newsNews

Brief: Macayla Coetzee se ouers sê dankie

Haar begrafnis was ongelooflik mooi en ons sou dit nie sonder almal se hulp kon doen nie.

Daniel Coetzee en Tarryn Hurter, ouers van Macayla Coetzee (6) wat met akute limfoblastiese leukemie gediagnoseer is en onlangs oorlede is, skryf per e-pos:

Ons as mamma en pappa wil vir almal wat ons bygestaan het tydens ons dogtertjie, Macayla Coetzee se kort tydjie op aarde, baie dankie sê.

Sy is weggeneem deur kanker, ‘n siekte wat niemand wil hê nie.

Ons weet nie hoe dit voel om kanker te hê nie en ons weet nie van die pyn wat so kind of ‘n persoon moet deurgaan nie, maar sy is nou op ‘n goeie plek.

Sy het niks meer seer of pyn of hartseer nie; net geluk en vreugde. Ons as ouers is baie dankbaar teenoor baie mense wat ons bygestaan het.

Adel en Bokkie Meyer van AB Fishing, Nols van Vuuren van Sincere Funeral Services asook Millie en Andries Coetzee vir die skenking van die pragtige grafsteen.


LEES OOK: A young life gone too soon


Dit is baie mooi en julle het baie moeite gedoen. Ons waardeer dit opreg. Die grafsteen was al gereed nog voor ons prinsessie begrawe is.

Ons moet ook dankie sê aan soveel ander mense, soos die personeel by Benn’s Apteek, die mense wat gehelp het om ons motor reg te kry sodat ons, ons prinses by die hospitaal kon kry.

Daar was ook mense wat geld vir brandstof geskenk het, Verna en die Biker Klub. Ons is ook dankbaar vir die bystand en hulp van Mega Force asook raadslid Riaan van Zyl en sy vrou Kim.

Dankie, ook aan die Brakpan Herald vir die beriggewing oor ons prinsessie. Haar begrafnis was ongelooflik mooi en ons sou dit nie sonder almal se hulp kon doen nie.

Weereens dankie aan almal.


Macayla Coetzee, wat ‘n leerder aan Laerskool Die Arend was, is onlangs oorlede.

LEES OOK: EMPD gives tips on scholar transport and child supervision

Related Articles

Back to top button