Local newsNews
Laerskool Brakpan-Oos spog met D5 atlete
Die leerders vorder na die volgende vlak in laerskole atletiek.
Die Laerskool Brakpan-Oos spog met agt leerders wat vir die D5- atletiekbyeenkoms gekwalifiseer het.
Dit is nadat hulle uitstekende prestasies by die Groter Brakpan-byeenkoms opgelewer het.
Die atlete se prestasies by die Groter Brakpan-byeenkoms is soos volg:
- Kyle de Beer (o13) het ‘n eerste plek in diskus en tweede plek in gewigstoot behaal.
- Nythin Marcus (o13) het ‘n eerste plek in verspring behaal.
- JT Mienie (o12) het ‘n eerste plek in hoogspring behaal.
- Meliny Mans (o12) het ‘n tweede plek in die 1200m item behaal.
- Mekayla Mans (o10) het ‘n eerste plek in die 1200m los gehardloop.
- Catalia Putter (o10) het ‘n eerste plek in verspring en ‘n derde plek in 80m behaal.
- Dante Janse van Rensburg (o12) het ‘n eerste plek in die 1200m behaal.
- Damian de Klerk (o11) het ‘n tweede plek in beide die 100m en 80m items behaal.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



