Local newsNews

Kleintjies laat waai op die baan

Die Brakpan Dierebeskermingsvereniging (DBV) het baat gevind by die byeenkoms.

Die Brakpan Inter-kleuterskole atletiekbyeenkoms het Saterdag op die sportgronde van die Hoërskool Stoffberg plaasgevind.

Meer as 300 kleintjies van die Devon Hulpsentrum, Trippe Trappe Trone Kleuterskool, Brakanjan, Flip-Flap Kleuterskool, Laaities & Ladies en Rafiki Pre-Primêr het tot groot genot van die skare teen mekaar meegeding op die atletiekbaan.

‘n Vrolike atmosfeer het geheers en gesonde mededingende atletiek was aan die orde van die dag.

Die Brakpan Dierebeskermingsvereniging (DBV) het ook baat gevind by die byeenkoms aangesien dierekos deur die deelnemers en hul ouers geskenk is.

Daar is ook ‘n kontantbedrag van R2 944 vir die DBV ingesamel.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button