Dalview maak harte oop vir Felicitas
Dalwers het 'n magdom speelgoed by Felicitas Skool afgelaai vir die kermis.
Laerskool Dalview se leerders het weereens bewys dat hulle harte warm klop vir die leerders van Felicitas.
Felicitas Skool vier op 2 Maart hul jaarlikse kermis, waartydens broodnodige fondse vir die skool ingesamel word.
Vir die speletjies-, tombola- en speelgoed stalletjies is die skool baie afhanklik van skenkings.
Nadat Felicitas Skool, Dalview genader het vir ‘n skenking van sagte- en ander speelgoed het die Dalwers ruim bygedra en nie minder as drie voertuie nie vol speelgoed is by Felicitas se voordeur afgelaai.
“Ons is baie dankbaar teenoor die hoof van Dalview, Chris Pretorius, sy personeel, ouers en al die leerders vir die ruim bydrae,” het ’n woordvoerder van Felicitas gesê.
“Dit is wonderlik dat die skole in ons dorp mekaar nog so mooi ondersteun.”
LEES OOK: Enjoy a fun-filled family day at fête
LEES OOK: Clean Brakpan makes another positive impact



