Local newsNewsSchools
Brakpan-Oos atlete neem deel aan Gauteng Kampioenskap
Die atlete is opgewonde om op hierdie besondere vlak deel te neem.
Drie leerders van Laerskool Brakpan-Oos gaan vandag (Vrydag) en môre (Saterdag) aan die Gauteng Atletiekkampioenskap deelneem by Boksburg Stadion.
Die leerders is gekies na hul sukses by die D5-kampioenskap. Hulle is Kyle de Beer (o13 diskus), Mekayla Mans (o10 1200m) en JT Mienie (o12 hoogspring).
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!





