Local newsNews

Brief: Vinnige hulp red man na hartaanval

Ons Brakpan mense sal sonder die twee superhelde verlore wees.

Adri skryf per e-pos:

Ek wil graag deur middel van die skrywe my dank betuig aan twee opgeleide persone wat ons op 31 Maart te hulp gesnel het.

My lewensmaat, Grant Levinson (56) het ongeveer 19:20 ‘n hartaanval, in ons woonplek in Prince Georgelaan, gehad.

Danksy ’n vriend, wat hulp op ‘n noodgroep ontbied het, het twee noodwerkers opgedaag en dadelik te werk gegaan.

Met die hulp van Maria Schutte van Guardian Angels First Responders asook Johan le Roux is Grant se lewe gered.
Johan en Maria was vir meer as ‘n uur besig met Grant terwyl hulle gewag het vir die ambulans.

Hulle was die hele tyd vriendelik, hulpvaardig en so professioneel.

Ons Brakpan mense sal sonder dié twee superhelde verlore wees.



LEES OOK: GDoH warns public about tender scams

LEES OOK: Bottle store bandits bolt with baskets of booze

Related Articles

 
Back to top button