Local newsNews

Rowers vat man se duur selfoon

Die rowers het die mans self deursoek en sy selfoon afgeneem.

’n 42-Jarige voetganger is Woensdag beroof van sy duur selfoon en ’n klein bedrag kontant.

Volgens inligting van die SAPD was die man op die hoek van Highstraat en Derbylaan toe hy deur twee ander mans genader is en vir aanwysings gevra is.

Een van die booswigte het daarna ’n vuurwapen te voorskyn gebring en die man beveel om sy besittings aan hulle te oorhandig.

Die voetganger het ’n R50-noot oorhandig maar hy is deursoek en sy selfoon ter waarde van ongeveer R30 000 is ook afgeneem.

Die voorval word deur die Brakpan SAPD ondersoek.



LEES OOK: Goud vir Anker atleet by SAs

LEES OOK: Home Affairs opens on Saturdays

Related Articles

Back to top button