Local newsNews

Motorfietsryer skenk organe na sy dood

Charl Williams se twee dogters was sy hele lewe.

Charl Williams (24), van Brakpan-sentraal is verlede Maandag oorlede nadat hy op 1 April in ‘n motorfietsongeluk was, net om die draai van sy ouerhuis in Dal Fouche.

Hy het die oggend ‘n gesinsfoto geleentheid gehad met sy verloofde, Christine van Heerden (24) en sy twee dogters, met wie hy ‘n baie hegte band gehad het.

Daarna het hulle na sy ouers se huis gegaan vir ‘n familie-ete, en Charl het vinnig met sy motorfiets na die vulstasie gery om brandstof in te gooi. Die ongeluk het op die hoek van Claredonstraat en Olympiaweg plaasgevind.

Charl het ernstige kopbeserings opgedoen asook inwendige bloeding wat veroorsaak het dat ‘n onmiddellike operasie nie moontlike was nie.

Tog het die Verre Oos Rand Hospitaal, volgens sy familie, hom met die uiterste sorg behandel tot die dag van sy dood.


ALSO CHECK: Near-miss collision leads to hijacking


Die familie het groot lof vir die intensiewe sorgeenheid waar hy behandel is, selfs nadat hy reeds breindood verklaar is, en voorberei moes word om organe te skenk.

Charl het ses dae ‘n week gewerk as afleweringsdrywer en winkel assistent. Sondae was sy tyd met sy gesin, en veral sy oudste dogter wat die appel van sy oog was.

Die jonger dogter is nou slegs een en ‘n half maande oud, maar sou sonder twyfel net soveel liefde en aandag geniet het as Charl nog gelewe het.

Charl was volgens sy familie ‘n eenvoudige man met ‘n groot liefde vir mense.

Hy het gehou van visvang, dans, en volgens sy ma, Vicki Williams, was hy nie veel gepla oor televisie kyk nie. Sy vermaak het bestaan uit musiek en sy dogters se manewales.


ALSO CHECK: Soul Outreach and Upliftment Centre holds fundraising raffle


Charl se grootste nalatenskap, volgens sy ouers en gesin, is sy familie en die feit dat hy ‘n orgaanskenker is.

“Dit was so opbouend om te hoor hoeveel lewens hy kon red selfs na sy dood,” het Vicki vertel.

Vicki is self ‘n orgaanskenker, en voel dit is die belangrikste ding wat enigiemand kan agterlaat as hulle sterf.

Haar man, Charles Williams, en ander seun Brett, wat Charl se tweeling-boetie is, het gereeld saam met Charl aan motors en motorfietse gewerk.

Die herdenkingsdiens is op 12 April by die PPK Lighuis Kerk gehou.

Related Articles

Back to top button