Local newsNews

Just Wheels opedag vier Franse en Sweedse voertuie

Die maandelikse opedag het gratis toegang, en is 'n fees vir die hele gesin.

Die Just Wheels motorklub se maandelikse opedag het Sondag plaasgevind en die tema vir die maand was Franse en Sweedse voertuie.

Van Renault en Renault Gordini, na Volvo, en die gewone verskeidenheid voertuie te sien op elke opedag is die geleentheid ‘n fees vir die oog vir liefhebbers van voertuie.

Die klub se nuwe voorsitter, Daron Venter is ook aan besoekers en klublede bekendgestel.

Dié wat nie noodwendig net in voertuie belangstel nie, kon ook die dag geniet, aangesien daar ‘n verskeidenheid kos stalletjies ‘n vlooimark en ander vermaak was.

Die SANBD is ook elke maand teenwoordig vir diegene wat bloed wil skenk. Pannekoek is voorsien deur die Brakpan-tak van die VLU, wat fluks gebak het om fondse in te samel vir die tak.

Diegene wat belangstel in die klub of wil weet van opkomende opedae kan die klub se Facebook-blad volg, getiteld Just Wheels Vehicle and Tractor club.


LEES OOK: Bakkies are common targets for theft


Related Articles

 
Back to top button