Local newsNews

Laerskool Dalview verwelkom sielkundige

Die gasspreker het ouers en leerders toegespreek oor sport.

Laerskool Dalview het onlangs ‘n kliniese sielkundige as gasspreker verwelkom om die leerders aan te moedig en ouers te motiveer om hul kinders te ondersteun.

Dr Henning Gericke is ‘n kliniese sielkundige met ervaring as sportsielkundige vir wêreldklas atlete, soos die 2007 Wêreldbeker Springbok span, die 2012 SA Olimpiese swemspan en die 2018 Protea netbalspan.

Dr Gericke se boodskap aan die ouers was om hul kinders te bemoedig om hul drome te bereik.

“Wees trots op jou kind as hy/sy aan sport deelneem, maar die kind moet ook trots wees op sy ouer langs die veld,” het hy verduidelik.

“Daar is nie net wen of verloor nie, maar eerder wen of leer uit jou foute.”



LEES OOK: Arend danser wys hoe dit gedoen word by kompetisie

LEES OOK: CPF chairperson honoured with medal for outstanding service

Related Articles

 
Back to top button