Local newsNewsSport

Stoeiers neem deel aan die Shaun Bartlett Challenge

Die toernooi was 'n reuse sukses met 150 stoeiers wat deelgeneem het.

Sowat 150 stoeiers van omliggende stoeiklubs het Saterdag aan die Brakpan Stoei Klub se jaarlikse Shaun Bartlett Challenge deelgeneem.

Deelnemende stoeiers het 62 goue, 41 silwer en 17 brons medaljes ingepalm.

Die Brakpan stoeier van die dag was Sion Erasmus wat aan sewe gevegte deelgeneem en almal gewen het.

Sion het goud verwerf in die presidents schools freestyle asook die o13 freestyle.

Uit die oes van medaljes, wat op die dag uitgedeel is, het stoeiers van die Brakpan Stoeiklub ses goud, vier silwer en een brons verdien.


LEES OOK: Residents rattled after theft from Tweedy Park cottage


Die Brakpan Stoeiklub maak voorsiening vir manlike en vroulike stoeiers van alle ouderdomme en nooi belangstellendes uit om by die klub aan te sluit.

Oefensessies vind elke Dinsdag en Donderdag plaas by die klub, wat in die Brakpan Binnenshuise Sportkompleks gehuisves word.

Die oefentye is vanaf 18:00 tot 20:00.

Die publiek is welkom om na die oefensessies te gaan en met die afrigters en bestuur te gesels.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button