Golden Oldies Klub ontvang spesiale besoeker
Die groep is besoek deur 'n model, wat hulle vertel het van haar loopbaan en liefdadigheidswerk.
Die Golden Oldies Klub, wat elke Donderdagoggend by die Adullam biker Ecclesia kerk bymekaarkom, het verlede week ‘n spesiale besoeker ontvang.
Die model en skoonheidskoningin Bianca Birnie het die lede van haar modeloopbaan vertel, en ook inligting oor haar liefdadigheidswerk gedeel.
Voor sy haar verskyning gemaak het op die loopplank het sy vir meer as 20 jaar haar eie modelskool gehad.
“Dit was vir my belangrik om my kinders te leer dat jy jouself moet wees.
“Ek het gratis klasse gegee vir drie kinderhuise waar ek die meisies geleer het hoe om ‘n dame te wees en goed aan te trek,” het sy die dames vertel.
Na haar praatjie het sy ‘n geskenk van die groep ontvang, maar het sy ook aan elke lid ‘n geskenk uitgedeel.
Persone wat belangstel om by die klub aan te sluit kan Ursula Ewards by 082 491 6217 skakel.





