Local newsNews

Stamsel terapie bring hoop vir Dianne

Die kwadrupleeg van Dalview is al reeds 12 jaar in 'n rolstoel, en het nou weer hoop met 'n nuwe behandeling.

Dianne Fourie (47), ‘n inwoner van Dalview, is 12 jaar gelede verlam in ‘n ongeluk by die duikweg in Stoffberglaan, toe ‘n polisie voertuig oor ‘n rooi verkeerslig gery en haar motor getref het.

Sy vestig nou haar hoop op ‘n nuwe vorm van behandeling met die hoop om eendag weer te kan loop of net gedeeltelik te kan beweeg.

“Ek onthou die dag goed. Ek was op pad huis toe van my werkswinkel af toe die ongeluk teen 13:00 die middag gebeur het,” vertel Dianne, oor wie die Brakpan Herald al voorheen berig het.

“Ek het eers 21:00 die aand in die hospitaal weer wakker geword,” het sy in haar mees onlangse onderhoud met die Herald vertel.

Toe Dianne wakker geword het, het sy onmiddellik besef sy is verlam en het in ‘n die volgende paar ure in verdwaasheid beleef.

“Ek onthou net die groen mure van die Joburg Gen (Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal),” vertel sy.

Haar verloofde op daardie stadium was ook verlam, en haar kommer oor haar kinders se sorg was enorm.

“Tog was die Here genadig en is my kinders nou groot,” het sy verduidelik.

Haar dogter, Monique de Klerk (24), was ook in die voertuig tydens die ongeluk, en moes haar hoërskool loopbaan deurmaak met kroniese pyn van ‘n gebreekte sleutelbeen.

Haar seun, Juan Combrinck (18), is nog altyd baie besorg oor sy ma, en kon nog nooit gemoedsrus kry en sy lewe soos enige ander kind lei nie.

Dianne se kinders was altyd haar grootste bekommernis, veral omdat sy baie min vir hulle kon doen.

Tog het sy haar bes gedoen, en het sy selfs vir Juan geleer hoe om kitaar te speel deur vir hom verbaal te verduidelik waar om sy vingers op die instrument te plaas.


LEES OOK: Kyk: Dianne volg haar drome ongeag omstandighede


Monique het intussen getrou en ‘n kind, Xandré de Klerk (6 weke), wat vir Dianne oneindig plesier besorg.
Dianne wens sy kon meer betrokke wees in haar kinders se lewens, sowel as die gemeenskap.

“Ek is permanent in pyn; dit hou nooit op nie, so ek probeer my gedagtes soveel moontlik besig hou.

“As ek kon loop sou ek weer anti-boelie praatjies by skole hou, of ‘n graad kry om berading te doen vir gesinsgeweld,” vertel sy.

Tog is daar ‘n bietjie hoop vir Dianne, in die vorm van stamsel terapie. Soos dit aan haar verduidelik is word haar eie bloed en murg getrek om nuwe stamselle kunsmatig te kweek, wat dan weer ingespuit word om die herstel van senuwees en spiere te stimuleer.

Op hierdie wyse is sy nie afhanklik van skenkings nie, en die risiko dat haar lyf die nuwe stamselle sal verwerp laer, as met ‘n skenking van ‘n ander persoon.


LEES OOK: Intoxicated driver nabbed with illegal gun and ammo


Dianne hoop om met die behandeling volkome te herstel, maar sal selfs tevrede wees om net die gebruik van haar bolyf en hande terug te hê.

“Die lewe as ‘n verlamde is nie ‘n maklike lewe nie. Jy moet wag en wag en wag vir alles in jou lewe.

“Ek wil graag weer loop sodat ek kan uitgaan en dinge kan vermag. As ek weer kan loop sal ek nooit ophou loop nie,” het sy verduidelik.

Stamsel terapie is wel baie duur, en Dianne moet ‘n groot bedrag bymekaar kry om die terapie te bekostig, sowel as vervoer na die kliniek toe en drie maande se verblyf in die gebied vir die duur van die behandeling.

Monique, het ‘n BackaBuddy opgestel vir hierdie doel, met die naam ‘Help me to walk again (Dianne Fourie)’, wat reeds R25 700 van de R150 000 doel ingesamel het.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button