Local newsNews

Bring jou kant om die dorp skoon te kry

Die Clean Brakpan Gemeenskap groep het ’n positiewe impak op die netheid van die dorp.

Lede van die Clean Brakpan Gemeenskap Projek gaan môre (Saterdag) die park en gebied wat grens aan Eric Holdtmanlaan in Minnebron skoonmaak.

Daar word ’n beroep op vrywilligers gedoen om hierdie skoonmaak projek te ondersteun.

Die gebied is groot en soveel hulp as moontlik word benodig.

Daar is ook ’n groot behoefte aan tuingereedskap, grassnyers, randsnyers, brandstof en diesel.

Besighede word ook uitgenooi om in te skakel.

Die projek sal om 8:00 afskop en persone wat meer besonderhede verlang kan 071 892 6150 skakel.



LEES OOK: Funds dry up for Clean Brakpan

LEES OOK: Car crashes through wall in quiet neighborhood

Related Articles

 
Back to top button