Local newsNews

Stoffies blink uit by ATKV redenaars

Een van die top presteerders kwalifiseer om op nasionale vlak deel te neem.

Redenaars van die Hoërskool Stoffberg het onlangs meegeding in die halfeindrondte van die ATKV Redenaarskompetisie, waar twee leerders in die top 10 in Gauteng-Oos geëindig het.

Carla Schönfeldt was agtste in die Graad 10 tot 12 afdeling vir Afrikaans huistaal, voorbereid geplaas.

Imvelo Ngubeni het haar plek in die landsfinaal verseker met ‘n eerste plek in die Graad 10 tot 12 Afrikaans addisionele taal afdeling, voorbereid.

Imvelo gaan in Augustus aan die nasionale byeenkoms deelneem by die ATKV Klein Kariba.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button