Local newsNews
Die Arend se opedag is ‘n behoorlike fiesta
Die Fiesta tema het gesorg vir hope pret en plesier.

Laerskool Die Arend het Saterdag hul opedag gehad, met die tema van Fiesta, waar ouers die skool kon leer ken en voornemende leerders hulself kon geniet.
Daar was plak die stert op die donkie, bou-jou-eie-tacos, ‘n koekie-versier stasie en ‘n fotogeleentheid met Arrie die Arend, die skool se gelukbringer.
Kinders kon ook hul gesigte laat verf, lekker pannekoek of burgers geniet of dans op die maat van vrolike musiek terwyl ouers klaskamers besoek en onderwysers ontmoet het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.