Local newsNewsSport

Brakpan hak die knoop deur teen NWU

Panne se eerstes het Saterdag die NWU se stert geknoop in 'n opwindende wedstryd.

Brakpan Rugbyklub het teen NWU Arende in die Valke se Peregrine Liga te staan gekom. Die wedstryde was op 3 Augustus in Vanderbijlpark gespeel.

Die eerste span het hulle harte uitgespeel en vir ‘n vale verdedig. Die eindtelling was 39- 26 in Brakpan se guns.
Teen halftyd was Panne reeds 15-12 voor.

Gedurende die tweede helfte was daar met meer vrymoedigheid deur altwee spanne gespeel en die drieë wat gedruk was is ‘n testament van die harde werk wat in die eerste helfte ingesit was.

Ruben Beytel en Henry Pike het gesorg dat die verdediging van NWU getoets was en het op verskeie kere deur die middelveld gebreek en agter die doellyn gaan kuier. Brakpan se verdediging was rotsvas regdeur die wedstryd.

Brakpan se eerste span punte is as volg aangeteken:
Drieë: Tjaart Scheepers, Louis de Bruyn, Brandon Swart, Ruben Beytel (2) en Henry Pike (2).

Doelskoppe: Ruben Bytel (1) en Stefan van Zyl (1).

Brakpan se tweede span het vasgeval teen NWU se tweedes en het 31-12 verloor terwyl die o21-span 15-7 aan die verkeerde kant van die telbord was, maar as gevolg van ‘n tegniese punt (die wedstryd het 20 minute laat begin) het hulle wel die wen agter hulle naam geskryf.

Die liga is besig om einde se kant toe te staan en Brakpan is tans eerste op die lige se punteleer.


ALSO READ: Cycle race aims to change lives


Brakpan se volgende wedstryd is op 17 Augustus teen Springs op Olimpia Park in Springs.

Die daaropvolgende week van 24 Augustus gaan die semi finale plaasvind en die moontlikheid bestaan dat die wedstryd ook teen Springs kan wees.

Die semi-finaal sal ‘n tuis wedstryd wees.

Brakpan se tweede en o21-spanne het ook altwee vir die semi-finale gekwalifiseer. Dit is nog nie duidelik waar die wedstryde gespeel gaan word nie.



ALSO READ: Dancers take to the floor at SA Dance Foundation Gauteng Championships

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button