Brief: Prince Georgelaan se palmbome is uniek
Dit sal dalk ‘n goeie idee wees om nuwes te plant in die plekke van die bome wat vrek.
Willem Steyn skryf per e-pos:
Met verwing na die berig in die Herald van 18 Oktober (Drie palmbome brand na weerlig tref)).
Ek en my gesin woon al vir baie jare in Prince Georgelaan en die palmbome op die middelman maak beslis dat die straat uniek is. Ek kan myself nie indink hoe die dubbelpad sal lyk sonder die bome nie.
Wat my bekommer is dat daar baie van die bome is wat vrek. Daar lê een wat omgeval het en die drie wat deur die weerlig getref is, sal ook seker nou vrek.
Oor ‘n paar jaar gaan daar min bome oor wees. Dit sal dalk ‘n goeie idee wees om nuwes te plant in die plekke van die bome wat vrek.
Ek moet ook in hierdie skrywe meld dat die mense wat gereeld die middelman in stand hou (ek verneem dit is die Clean Brakpan-groep) doen baie goeie werk.
Waar dit voorheen slordig en ’n seeroog was, is dit nou netjies en goed versorg. Prince Georglaan sal net die dieselfde wees sonder die ellelange ry palmbome nie.
Ek hoop maar die Stad van Ekurhuleni sien hul weg oop om nuwe palmbome aan te plant soos dit nodig raak.
LEES OOK: Fuel yourself with mushroom power
LEES OOK: Dalview leerders erken vir top punte in derde kwartaal



