Local newsNews

Biduur met Jo Black het groot aantrek

Ongeveer 400 manne het opgedaag vir die geleentheid.

‘n Magdom manne het Saterdag by die El Roi Teater in Dalpark bymekaargekom om te luister na ‘n praatjie deur die sanger, Jo Black.

Die geleentheid is deur die Brakpan Besigheids Biduur gereël, en ongeveer 400 manne het opgedaag om na die boodskap te luister en saam te bid.

Jo se praatjie het gehandel oor identiteit, en hoe mans gereeld hulle identiteit verloor deur aardse eienskappe na te streef.

“As ek jou vra wie jy is, en jy sê vir my jy is ‘n besigheidsman, of ‘n prokureur, of ‘n dokter, dan weet ek jy het nie identiteit nie,” het hy verduidelik.

Volgens Jo moet jou identiteit in lyn wees met jou geloof.


Jo Black se praatjie het gehandel oor identiteit.

“Jy is ‘n kind van God eerste; as jy nie identiteit het nie is dit omdat jy vergeet het wie God is, en dus wie jy is as Godskind,” sê hy.

Hy het deurgaans verwys na die fliek The Lion King, waar hy Simba gelykgestel het as die mensdom, Mufasa as ‘n metafoor vir God die Vader, en Scar as die vyand Satan.

Die metafoor het Simba se verlies van identiteit as leeu, as koningskind en erfgenoot, en as leier is vergelyk met die verlies van identiteit van Christene wanneer hulle vergeet dat hulle Koningskinders en erfgenote van die Koningkryk van God is.

Hy het vertel hoe, net soos wat Scar vir Simba leuens gevoer het oor sy skuld in Mufasa se dood en sy toekomstige verwerping, so voer die duiwel en die samelewing vir mans leuens oor hoe hulle moet optree, voel, en deur die lewe gaan.

Hy het die mans herinner dat omgee, liefde, geduld, vrede, en beskerming val hul naaste die erfenis is van mans, en dat hulle dit moet onthou en God se lig uitstraal in alles wat hulle doen.



LEES OOK: Developments at Soul Outreach promise major growth

LEES OOK: Conference highlights urgent need to sustain government’s school nutrition programme

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button