Onderwyser deel nuttige wenke vir matrieks se eindeksamen
Sonneveld Akademie se matriek Afrikaans onderwyser deel haar wenke vir die eksamentyd.
Die 2024 matrikulante het op 21 Oktober met hul eindeksamen begin en die laaste vak word op 28 November geskryf.
Alhoewel dit ‘n stresvolle tyd is vir die matrieks, wat die belangrikste eksamen van hul skoolloopbaan aflê is goeie voorbereiding en wyse besluite die antwoord tot sukses.
Sonneveld Akademie se matriek Afrikaans huistaal onderwyser, Marilette van der Walt, het 10 wenke met die Herald gedeel vir die eindeksamens.
Volgens Marilette, om suksesvol te wees tydens die eksamens is die volgende belangrik:
• Beplanning. Stel ‘n studierooster op en hou daarby. Begin vroegtydig met jou voorbereiding. Beplan goed en bestuur jou tyd. Maak die meeste van jou tyd.
• Organiseer jou leerspasie en leerwerk. Die brein hou van orde en struktuur. Verkort jou leerwerk as dit oorweldigend lyk. Breek dit op in korter gedeeltes wat jy in een studiesessie kan baasraak.
• Gebruik verskeie sintuie wanneer jy studeer. Skryf terwyl jy leer, gebruik kleure, teken prentjies, maak stemopnames en luister daarna.

• Oefen met ou vraestelle. Gaan terug en lê weer vas wat jy reeds geleer het. Maak seker jy is gereed!
• Maak seker jy kan alles wat jy geleer het, weergee. Verduidelik wat jy geleer het vir iemand anders of hardop vir jouself in die spieël. Dit help nie jy het geleer, maar jy sukkel om die inligting te herwin nie. Dit is dan wanneer studente sê hulle slaan “blank”.
• Vra betyds om hulp.
• Maak seker jy rus genoeg en slaap goed, oefen, eet gesond en drink water.
• As jy voedselaanvullings wil gebruik is Omega 3 (visolies) die beste breinkos.
• Wees voorbereid op die dag van die eksamen.
•. Bly kalm en rustig in die eksamenlokaal. Haal diep asem en lees die vrae mooi. Beplan jou tyd. Beantwoord eerste die vrae waaroor jy goed voel.
Angie Motshega, die minister van Basiese Onderwys sal na verwagting die uitslae an die 2024 Nasionale Senior Sertifikaat op 12 Januarie 2025 bekend maak.
Die provinsiale onderwysdepartemente sal dan die finale uitslae op 16 Januarie 2025 aankondig.
LEES OOK: Anker verskyn op Maak my ‘n Miljoenêr
LEES OOK: Pledge your support for Santa Shoebox Project



