Local newsNews

Klein vegter, Karlien vier negende verjaarsdag

“Sy wys ons sy is besig om sterker te word en ons wil haar graag soveel moontlik help,”

Sondag, 27 Oktober sal ’n spesiale dag in die Roets gesin van Dalview wees.

Nie net vier hulle die negende verjaarsdag van hul baie spesiale kind nie maar die dag gee ook weer vir hulle die geleentheid om met dankbaarheid terug te kyk na opdraande pad wat hulle die afgelope ses jaar gestap het.

Die middelpunt van die aandag sal Karlien Roets wees, wat ten spyte van ’n ongeluk in Augustus 2018, haar ouers Karen en Frikkie Roets se klein vegter geword het.

Weens die breinbeserings wat Karlien opgedoen het toe ’n kombuiskas op haar geval het, is ’n normale lewe haar ontneem maar haar ouers het nog nie vir een dag moed opgegee nie.

Inteendeel, met hul onwrikbare toewyding, hoop, navorsing, versorging en bykans daaglikse finansiële stryd toon Karlien goeie vordering.


Volgens Karen Roets reageer Karlien veral goed wanneer die spraakterapeut met haar werk.

“Ons staan op die drumpel van haar negende verjaarsdag en al is sy klein en broos is dit vir ons ’n fantastiese mylpaal,” het Karen gesê.

Volgens Karin gaan dit goed met Karlien.

“Sy kry eenkeer ‘n week spraakterapie en het begin om sekere letters soos, s, b en p te klank wanneer die spraakterapeut met haar werk.

“Die terugvoering wat ons van die spraakterapeut ontvang is deurgaans positief en sy is self beïndruk met Karlien se vordering,” het Karen gesê.

“Elke stukkie vordering; hoe klein of hoe groot maak ‘n verskil en dit bring vir ons hoop.”


LEES OOK: Life Dalview Hospital celebrates opening of revamped theatre


“Ons is ook in die proses om te kyk of ons met ’n spesifieke rehabilitasie program by ons huis kan begin, waarvoor spesifieke rehabilitasie apparate en hulpmiddels ingespan sal word, om sodoende meer aktief met haar te oefen.

“Ek en Frikkie en Karlien se verpleegkundige sal dit self behartig aangesien ons fondse beperk is vir nog verdere buite terapie. Sy wys ons sy is besig om sterker te word en ons wil haar graag soveel moontlik help,”

Karen vertel Karlien kan haar kop en nek self oplig wanneer hulle haar groet of met haar praat.

“Ons gaan beslis haar verjaarsdag vier en vir haar vertel dat sy verjaar.”

Karlien benodig nog steeds 24 uur sorg deur ’n professionele verpleegkundige en die koste daarvoor alleen beloop R22 000 per maand.


Karlien Roets word Sondag nege jaar oud. Haar ma, Karen Roets laat geen steen onaangeraak om vir Karlien die beste sorg te bied.

Dit is nie-insluitend al die ander uitgawes wat met Karlien se versorging gepaard gaan nie.

“Ons hou maar onverpoos fondsinsamelsprojekte om te help met die koste,” het Karen gesê.

“Ons wil ook baie dankie sê aan almal wat Karlien getrou ondersteun; veral vir die mense van Brakpan. Ons waardeer dit meer as wat ons ooit kan sê.

“Die gesegde wat heet: ‘It takes a village to raise a child’ is so waar in ons geval. Solank as wat Karlientjie veg, sal ons saam met haar veg. Sy ís en bly ons vegter.”

Enige iemand wat hul hulp bied, kontak Karen by 074 963 8955.



LEES OOK: Onderwyser deel nuttige wenke vir matrieks se eindeksamen

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button