Opskud, min tyd om foto’s in te stuur
Vanjaar sal die persoon wat die wenfoto ingestuur het ’n R500 koopbewys van Sherwood Pick n Pay ontvang asook 'n geskenkpak ter waarde van R500 van Bella's Biltong in Dalview.
Die laaste uitgawe van die Brakpan Herald verskyn op 20 Desember en, soos in die verlede, vra ons weer vir ons lesers om vir ons ‘n gepaste voorbladfoto te neem.
Vanjaar sal die persoon wat die wenfoto ingestuur het ’n R500 koopbewys van Sherwood Pick n Pay ontvang asook ‘n geskenkpak ter waarde van R500 van Bella’s Biltong in Dalview.
Neem die volgende in ag voordat jy jou foto instuur:
• ‘n Foto sal slegs oorweeg word indien dit ‘n Kersfees tema het, en daar moet ten minste een persoon in die foto wees.
• Die foto moet in j-peg formaat wees en nie digitaal gemanipuleerd wees nie.
• Foto’s moet ook ten minste 1MB groot wees.
• Foto’s mag nie ouer as ‘n maand wees nie (dus sal verlede jaar se Kersfees foto’s nie werk nie).
• Die kompetisie is slegs vir inwoners van Brakpan.
Die volgende inligting moet saam met die foto verskaf word:
• Name, vanne en ouderdomme van al die persone in die foto.
• ‘n Kort beskrywing van die foto, insluitend waar en wanneer dit geneem is.
• Naam, van en kontaknommer van die persoon wat die foto geneem het.
• Indien enige van hierdie inligting ontbreek sal foto nie in ag geneem word nie.
• Die prys sal toegeken word aan die persoon wat die foto ingestuur het.
Foto’s kan per e-pos gestuur word na brakpanherald@caxton.co.za
Die sluitingsdatum vir inskrywings is 12 Desember om 09:00. Die wenner sal telefonies in kennis gestel word.
LEES OOK: Spaza shops reminded to register their businesses
LEES OOK: Hijackers posing as ‘passengers’ target e-hailing driver