Junior hengelaar ryg die pryse in by klub prysuitdeling
Die Larrendale inwoner het reeds op sewe-jarige ouderdom sosiaal begin hengel met sy pa, Johann Nel en vanaf die ouderdom van nege jaar kompeterend begin hengel.
Renaldo Nel, ‘n Graad Sewe leerder aan Sonneveld Akademie, het onlangs by die Kavalier Hengel Klub prysuitdeling ‘n magdom toekennings ontvang.
Die Larrendale inwoner het reeds op sewe-jarige ouderdom sosiaal begin hengel met sy pa, Johann Nel en vanaf die ouderdom van nege jaar kompeterend begin hengel.
Die ses toekennings wat hy vanjaar tydens die prysuitdeling ontvang het, is soos volg: Junior klub kampioen vir 2024, junior sportman van die jaar, meeste vis gevang, drie spesies, swaarste sak vis en grootste baber gevang.
Die kranige visvanger het begin as Penkoppie by die Elite Series en Pro Mania kompetisies, en by die Kavalier Klub saam sy pa.
LEES OOK: SPCA’s Bargain Barkers opens up shop in the mall
In 2023 is hy gekies om die Sentraal Gauteng Provinsiale Penkop span te verteenwoordig by die SA Junior Kampioenskappe.
In 2024 is hy weer gekies om die Sentraal Gauteng Junior Provinsiale span te verteenwoordig by die SA Kol en Werp in Junie, in Springs.
Hy het ook Sentraal Gauteng verteenwoordig by die All TVL Kampioenskap in Oktober by die Vaaldam, waar sy span vierde plek gehaal het.
Renaldo se toekomsdrome is om sy junior klub kampioenstatus te behou, plek in Sentraal Gauteng se Junior A-span te kry, en by die SA Kampioenskappe uitgenooi te word na die proewe om sy SAVOF (Suid Afrikaanse Varswater Oewerhengel Federasie) kleure te verwerf
LEES OOK: Fire in Bedford Street highlights problem with vandalised fire hydrants



