Local newsNews

Behoeftige leerders ontvang skooltasse van Solidariteit Helpende Hand

Die tassie projek oorhandiging is deur Tienie Engelbrecht, die nuwe onder voorsitter van die Brakpan tak.

Solidariteit Helpende Hand Brakpan-tak het onlangs vir Tienie Engelbrecht as lid en nuwe onder voorsitter verwelkom.

Engelbrecht het ook dadelik aan die werk gespring met sy eerste projek, waartydens hy die oorhandiging van skooltasse aan behoeftige Graad Een leerders van die dorp se skole behartig het.

Die tasse is aan laerskole Dalview, Brakpan-Oos, Môrewag en Die Arend oorhandig as deel van die landswye tassie projek.

In totaal is daar 81 tasse oorhandig om 2025 se Graad Een leerders te bemagtig. Helpende Hand sit sedert 2007 skooltassies in behoeftige Graad Een leerders se hande.

Die skooltassies is ook nie leeg nie. Daar is ‘n pennesakkie wat ‘n uitveër, HB potlode, ‘n liniaal, ‘n skêr, twee gom stokkies, inkleurkryte, en uitdraaikryte bevat. Daar is ook ‘n klein witbord in en ‘n leesboekie in elke tas.




ALSO READ: Brakpan Sopkombuis verbly kinderharte

ALSO READ: Show some love for your heart this December with these 5 tips

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button