Brakpan Sopkombuis verbly kinderharte
Die dag was 'n sukses, ten spyte van die hitte, te danke aan al die borge en individue wat betrokke was.
Die Brakpan Sopkombuis het op 7 Desember ‘n Kerspartytjie gehou vir ongeveer 400 behoeftige kinders van die gemeenskap, waar hulle elk ‘n geskenkie, ‘n worsrol en koeldrank, asook ‘n besoek van Kersvader geniet het.
Groot opgewondenheid het onder die kinders geheers toe Kersvader op ‘n egte sleë, oftewel ‘n sleë op ‘n sleepwa, gearriveer het.
Prysliedere is gesing, en dansies is vir die kinders geleer om hulle besig te hou. Lekkergoed-pakkies is ook uitgedeel terwyl die kinders hulself op springkastele kon geniet.
Die dag was moontlik gemaak weens die goedhartigheid van 15 borge.
Ordette Lottering, die bestuurder van die sopkombuis, het elke besigheid en individu wat bygedra het tot die sukses van die dag, sowel as diegene wat op die dag gesorg het dat alles glad laat verloop het, bedank.
LEES OOK: Tweedy Park inwoners geniet gesellige samekoms
LEES OOK: Credit control operation sees hands-on MMC



