Getroue lidmaat vier 90ste verjaarsdag
Rosaline is daarvoor bekend dat sy nie sommer ‘n kerkdiens op 'n Sondag misloop nie.
‘n Inwoner van die dorp en getroue lidmaat van die NG Kerk, Brakpan-Oos Gemeente het onlangs haar 90ste verjaarsdag saam met 80 gaste in die kerksaal gevier.
Rosaline Marlow (nee Jullies) is op 18 Januarie 1935 in Oudtshoorn gebore. Sy was die oudste van vier kinders.
Sy is in 1959 met Gert Marlow getroud waarna hulle na Geluksdal verhuis het.
Gedurende 2008 het die egpaar hul intrek geneem by hul jongste dogter en haar gesin in Brakpan.
Rosaline en Gert het toe lidmate van die NG Kerk, Brakpan-Oos Gemeente word. Rosaline is daarvoor bekend dat sy nie sommer ‘n kerkdiens op ‘n Sondag misloop nie.
Haar man is in 2019, vier maande voor hul 60ste huweliksherdenking, oorlede. Die egpaar het vyf kinders, 14 kleinkinders en 22 agter kleinkinders.
Rosaline geniet nog goeie gesondheid, alhoewel haar gehoor verswak en sy met krukke oor die weg moet kom.
Haar dag begin elke dag met gebed en die lees van haar Bybel. Volgens ‘n familielid is sy ‘n goeie voorbeeld en rolmodel en baie geliefd by haar familie en die Brakpan-Oos Gemeente.
LEES OOK: Brakpan Rugbyklub hou jaarvergadering
LEES OOK: Be a hero by being vigilant on your commute and at work



