Local newsNews

Gholfdag ten bate van Karlien Roets

Die gesin se mediese uitgawes beloop maandeliks ’n enorme bedrag.

’n Gholfdag ten bate van Karlien Roets word op 3 April by die State Mines Country Klub aangebied.

Karlien is op 10 Augustus 2018 ernstig beseer toe ‘n kombuiskas op haar geval het. Haar pa, Frikkie, was besig om kaste in ‘n nuwe kombuis in die huis te installeer.

Karlien het ‘n los kas op haar omgetrek en het ernstige breinbeserings opgedoen.

Daar word sedertdien na haar by haar ouerhuis omgesien waar sy 24-uur mediese sorg benodig.

Die Herald het verlede jaar in Oktober berig dat Karlien haar negende verjaarsdag gevier het.

Volgens haar ma, Karen maak sy goeie vordering maar is dit steeds nodig dat sy 24-uur per dag mediese sorg ontvang.

Die gesin se mediese uitgawes beloop maandeliks ’n enorme bedrag.

Fondse wat met die gholfdag ingesamel word sal hiervoor aangewend word.

Persone wat die dag wil speel kan Karen by 074 963 8955 kontak.

Lees ook: Klein vegter, Karlien vier negende verjaarsdag

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button