Local newsNewsSport

Geen keer aan oud-Morrie atleet wat rekords laat spat

Die ster atleet het op Kyknet se Super Skolesport program verskyn om te gesels oor sy prestasies.

Leendert Koekemoer, ‘n matriek leerder aan Helpmekaar Kollege en inwoner van Dalview, het onlangs ‘n nuwe o20 beste tyd opgestel vir die 400m naellope met ‘n tyd van 45.60 sekondes.

Hy het dié prestasie behaal tydens ‘n byeenkoms by Pilditch Stadium in Pretoria, by die Curro Podium finaal op 8 Februarie.

Leendert was in Laerskool Môrewag voor hy Helpmekaar toe gegaan het vir hoërskool.

Hy het op 3 Februarie nog ‘n beste tyd opgestel in 200m by die Helpmekaar Goue Liga by die Universiteit van Johannesburg.

Oor die prestasies is Leendert baie opgewonde, en sy raad aan enigiemand met groot drome is “Moenie opgee nie, hou aan hard werk.”

Die kranige atleet gaan in Maart deelneem aan die Junior SA’s in Kaapstad, en dan pak hy die Nasionale Senior kampioenskappe in Potchefstroom in April aan.

Sy doel is om in Mei aan die wêreld kampioenskappe in China deel te neem vir die 4x400m aflosspan en dan deel te kan wees van die nasionale 4x400m aflosspan wat in September in Tokyo, Japan deelneem.

Leendert het selfs op 11 Februarie op Kyknet verskyn vir sy uitmuntende prestasie.

Lees ook: Arend atleet mik vir SA’s

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button