Happenings: Your ultimate guide to what’s happening in Brakpan
If you have an event planned, submit it for inclusion in the Happenings column.

• 28 Februarie
Die NG Kerk, Brakpan-Noord Gemeente te Gardinerlaan hou ‘n kermis vanaf 17:00. Heerlike kos en lekkernye sal te koop wees. Speletjies vir die jonger geslag sal aangebied word en stalletjies sal ‘n verskeidenheid bied. Almal is welkom. Stalletjies kan bespreek word. Skakel die kerkkantoor by 011 740 2241 vir meer inligting (termes en voorwaardes geld).
• Die Brakpan Rugbyklub bied ‘n gholfdag aan by die State Mines Buiteklub. Ingesluit by die vierbalprys van R3 800 is halfweghuis, ‘n geskenkpak en ‘n gholfhemp. Fondse wat ingesamel word, word aangewend vir verbeteringe aan die Brakpan Rugbyklub. Vir meer inligting of inskrywings kontak vir Frikkie Bosman by 082 557 4807.
• 1 Maart
Felictias Skool se jaarlikse kermis word by die skool, wat te Muriel Brandsstraat geleë is gehou. Speletjies, vermaak, kos, sal volop wees asook ‘n groot verskeidenheid items om te koop.
• 2 Maart
Just Wheels Motorklub se opedag van die jaar vind by die klubhuis, Kitzingerlaan 169, plaas vanaf 09:00. ‘n Verskeidenheid stalletjies, lekker kos en vermaak wag op besoekers. Die hoogtepunt soos gewoonlik is ‘n uitstalling van voertuie. Die SANBS sal ook teenwoordig wees vir mense wat bloed wil skenk op die dag. Die toegang is gratis.
• 3 April
’n Gholfdag ten bate van Karlien Roets word by die State Mines Country Klub aangebied. Karlien is op 10 Augustus 2018 ernstig beseer toe ‘n kombuiskas op haar geval het. Daar word sedertdien na haar by haar ouerhuis omgesien waar sy 24-uur mediese sorg benodig. Fondse wat met die gholfdag ingesamel word sal hiervoor aangewend word. Persone wat die dag wil speel kan Karen Roets by 074 963 8955 kontak.
General
• The Golden Oldies Social Club meets every Thursday from 08:30 to 11:30 at 134 Gardiner Street. It is open for anyone over 55. The club does various crafts, plays boardgames and is planning a breakfast outing this year. For more information, contact Ursula Edwards on 082 491 6217.
• Die NG Kerk Brakpan-Oos, op die hoek van Bourdaryweg en Lappingstraat, hou elke Vrydagaand vanaf 18:30 ‘n buitelug Praise and Worship. Belangstellendes kan komberse of tuinstoele bring om op te sit. Kontak Anton Pretorius by 084 499 5462 vir meer inligting.
• Brakpan parkrun is open every Saturday at 07:50 at the Brakpan Sports Centre (across from the library). Runners, walkers and volunteers are welcome. It is free, bring your running tag/barcode. You run, walk or jog at your own pace.
• Die Brakpan-tak van die Vroue Landbou Unie vergader elke tweede Dinsdag van die maand om 10:00 by die Just Wheels Motorklub klubhuis, Kitzingerlaan 169. Belangstellendes kan Elsabe Grobler by 082 891 4514 kontak.
• A second-hand clothing sale will take place on Tuesdays and Thursdays from 08:00 to 11:30 at the NG Kerk Brakpan-Oos, corner of Boundary Road and High Street. Get good-quality clothing at discount prices. Call Hester Bosch on 083 307 0649.
If you have an event planned, submit it for inclusion in the Happenings column. The events included in this section are done at the editor’s discretion. The deadline for submission of entertainment events is 11:00 on Monday. Email details to thelma@caxton.co.za



