Local newsNews

Geliefde balju bekend as Krap-Krap oorlede

Hy was 'n familie-man wat dit ook geniet het om te braai en vis te vang.

Lodewyk ‘Krap-Krap’ de Jager (62) het 13 Maart sy familie en die gemeenskap agtergelaat toe hy afsterf, vermoedelik aan long en hart komplikasies.

Lodewyk was die dorp se adjunk-balju vir 26 jaar, eers onder Gideon Slabbert, en toe sedert 2019 onder Mabatho Msimango. Nou laat hy ‘n gemeenskap wat hom goed geken het agter, en ‘n baie hegte familie.

Sy drie kinders, Eugene van den Heever (45), Christel Botha (38) en Tracey de Meillon (34), suster Sara Swanepoel (57), stiefsuster Susan Becker (59), drie skoonkinders wat hy as sy eie geag het, en drie kleinkinders verlang na sy geselskap.

“Hy was ‘n regte bok vir sport, en altyd daar as ons raad nodig gehad het en het altyd saam ons gestaan deur alles,” het Christel vertel.

Sy raad aan sy familie was altyd om nooit met mekaar te baklei nie, en om daar te wees vir mekaar met ‘n oop hart vir enigiemand.

“Hy wou net vrede hê en sy familie by hom,” het Christel verder gesê.

Om mense te help is vir hom die grootste hoogtepunte in sy lewe gewees, en as hy mense moes besoek as die balju word daar vertel dat hulle eers kwaad was, maar wanneer hy daar weg stap het, was hulle gewoonlik groot vriende. Lodewyk was ook baie lief vir braai en visvang.

Lodewyk se werknemer, Msimango, is ook hard getref deur sy afsterwe. “Weg is my vertroueling, en my onwrikbare steunpillaar.

In 2019 toe ons aan mekaar voorgestel is deur Mnr Slabbert het ek onmiddelik geweet dat ek ‘n hardwerkende regterhand gevind het,” vertel sy.

“Op die eerste dag van my aanstelling het hy die rol van ‘n leier betree en my touwys gemaak. Dit was gedurende daardie tyd wat ek eerstehands ervaar het hoe deernisvol hy is vir die gemeenskap, wie hom geken het as Krap-Krap,” vertel Msimango verder.

Lodewyk sal altyd onthou word as ‘n liefdevolle mens met baie omgee in sy hart.



ALSO CHECK: VLU lede raak kunstig met papier

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button