Local newsNews

Taalprys vir oud-Anker met unieke meesters proefskrif

Ankia is 'n briljante student van die Afrikaanse taal.

Ankia Pepler, ‘n oud-leerder van Hoërskool Die Anker, het onlangs die Marius Jooste prys ontvang vir haar magister verhandeling, wat sy ingedien het aan die Departement Afrikaans by die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Ankia het in 2018 haar studies begin, en het op Afrikaans en Engels gefokus. Sy het in 2020 haar graad gekry, en in 2021 haar honneursgraad begin in Afrikaanse taalkunde, historiese taalkunde en Arabiese Afrikaans, wat verwys na die skryfwyse en nie die taal nie.

In 2022 het sy begin met haar meestersgraad, terwyl sy vir grade Agt en Nege leerders klas gegee het by Hoërskool Die Anker.

Haar meesters proefskrif het gehandel oor die leksikografiese hantering van prototipiese Afrikaanse taboewoorde in die sesde uitgawe van die HAT.

In eenvoudige taal beteken dit Ankia het gekyk of die definisies en gebruik van vloekwoorde in die HAT ooreenstem met die gebruik daarvan in daaglikse geselskap.


LEES OOK: Brakpan Rugbyklub struikel in halfeind maar staan steeds sterk


In 2024 het Ankia by die Universiteit van Pretoria klas gegee aan tweede taal Afrikaanse studente, en het sy ook gewerk as die taalpraktisyn vir die Afrikaanse Wikipedia.

Ankia se meestersgraad het haar drie jaar geneem om te voltooi, en sy het in Februarie gehoor dat haar proefskrif suksesvol was, en ‘n paar weke later het sy die Marius Jooste prys ontvang.

Sy het hoërskool onderwys geniet, omdat sy passievol is oor die taal, maar as sy kon kies sou sy eerder in tersiêre onderrig wil bly.

Dit is omdat sy voel universiteit studente deel haar passie vir die taal. Hoërskool leerders leer die taal omdat dit vereis word, nie omdat dit hul passie is nie. Ankia droom om te doseer by ‘n universiteit in leksikografie, die samestelling van woordeboeke.


LEES OOK: Brakpan Parkrun celebrates weekly runners chasing personal bests


Haar top keuse is die Stellenbosch Universiteit, omdat die WAT daar gebaseer is, en die leksikografiese departement so goed is.

Een van haar grootste laagtepunte is die verlies van haar oupa, Coenie Mouton, wie haar grootste ondersteuner was, en ‘n klankbord vir al haar idees en drome.

Sy is hartseer dat sy nie haar prestasies en die doelwitte wat sy bereik het met hom kan deel nie. Haar hoogtepunt is dat sy in 2021 aangewys is as die beste nagraadse student by die Departement van Afrikaans van die Universiteit van Pretoria. Sy kon toe ‘n toespraak gee om die departement te bedank, waarop sy baie trots was.

Nog ‘n doel is om haar PhD te doen, maar Ankia wil eers ‘n bietjie werk en haarself weer leer ken as ‘n mens, en nie ‘n student nie. Haar raad aan die wêreld is om nie bekommerd te wees oor wat ander dink of sê nie.

“As jy luister na jou hart en die Here se stem kan jy nie verkeerd gaan nie,” het sy mee afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button