Brakpan triomfeer in liga-eindstryd teen Vereeniging
Zamian Martin, wat een van sy beste wedstryde van die seisoen gespeel het, is aangewys as die speler van die wedstryd.
Brakpan was Saterdag eenvoudig te sterk vir ‘n goed voorbereide Vereeniging-span in die finaal van die President Liga-eindstryd, wat by Bosman Stadion gespeel is.
Vereeniging, die verdedigende kampioen, het met 35–24 verloor. Brakpan is nou die nuwe titelhouers van die President Liga trofee.
Zamian Martin, wat een van sy beste wedstryde van die seisoen gespeel het, is aangewys as die speler van die wedstryd.
Hy was op die aanval en verdediging ‘n doring in Vereeniging se vlees gewees. Die tweede span het met 31–12 gewen. Dewaldt Coetzer as speler van die wedstryd aangewys is.
LEES OOK: Calling all runners: Sign up for the Comrades Long Run
“Ons het ‘n goeie dag beleef, met ons borge en ondersteuners wat in groot getalle opgedaag het om die manne te ondersteun,” het Frikkie Bosman, voorsitter van die Brakpan Rugbyklub, gesê.
“Hierdie was sonder twyfel ‘n rekordbywoning vir ‘n klubrugbywedstryd op die Oos-Rand in ‘n baie lang tyd. Dit is net weereens ‘n bewys daarvan dat harde werk beloon word,” het Bosman bygevoeg.
“Ons sal ook graag van die publiek wil hoor hoe ons die rugbydae vir hulle meer aangenaam kan maak.
“Enige voorstelle kan by die klub ingedien word en ons salbeslis daarna kyk. Tot dusver waardeer ons die getroue ondersteuning geweldig baie,” het Bosman gesê.







