Local newsLocal sportNews

Karateka mik vir Wêreld Kampioenskappe in Wallis

Die kampioenskappe vind plaas in Wallis.

Jessica Breytenbach, ‘n Graad 6 leerder aan Laerskool Môrewag en lid van die Tenshinkan Karateklub Brakpan-tak, het gekwalifiseer vir die ICO Wêreld Karatekampioenskappe wat in Oktober in Wallis plaasvind.

Jessica het reeds in graad RR met karate begin en het intussen tot bruin gordel gevorder. Sy beoefen beide kata (tegniek) en kumite (vegkuns), en neem ook deel aan atletiek, netbal en hokkie vir haar skool.

Om fiks te bly, hardloop sy graag, en buiten karate is atletiek haar gunsteling­ sport. Jessica se grootste inspirasie is haar sensei, Attie Coetzer, vir wie sy groot respek het.

Haar droom is om eendag na Japan te reis om die tradisionele tegnieke eerstehands aan te leer, asook om die kultuur en geskiedenis van die land te verken.

Haar raad aan enigiemand wat met karate wil begin, is dat dit nooit te laat is om te begin nie:
“Dit gaan moeilik wees met lang ure en baie sweet en trane, en jy gaan aan die begin wil tou op gooi, maar dit is alles die moeite werd en word met tyd die grootste deel van jou lewe. Dit is opwindend, en ‘n mens leer elke dag iets nuuts,” het sy verduidelik.

Jessica is in 2023 en 2024 aangewys as die Suid-Afrikaanse kampioen by die SARMAD Karate Kampioenskappe in haar kategorie en ouderdomsgroep.

Om die reis na Wallis te kan bekostig, is die gesin besig om fondse in te samel. Jessica se tannie, Christine van der Berg, hardloop elke dag 10 km vir ‘n tydperk van 142 dae om bewusmaking te skep en fondsinsameling aan te moedig.

Enigiemand wat belangstel om Jessica te ondersteunjin haar reis, kan haar ma, Karin Swanepoel, kontak by 076 383 5820.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button