Local newsNews

Stink rioolwater stroom in Elliotstraat-swembad ná hooflyn verstopping

Dit is egter makliker gesê as gedaan, aangesien Peet Venter geen samewerking van die Stad van Ekurhuleni kry nie.

Die eienaar van ’n huis in Elliotstraat sit met ’n swart, stinkende swembad nadat rou riool by ’n drein op sy erf opgestoot en in die erf en swembad uitgeloop het.

Die enigste uitweg om die probleem op te los, is om die swembad leeg te pomp, skoon te maak en weer vol te maak.

Dit is egter makliker gesê as gedaan, aangesien Peet Venter geen samewerking van die Stad van Ekurhuleni kry nie. Sy probleem het op 4 Mei begin toe duisende liters rou riool by die drein in ’n hoek van die erf opgestoot het.

“Die riool het in die erf opgestoot as gevolg van ’n hooflyn verstopping. Dit het die hele gebied rondom my swembad gevul en deur die voortuin geloop totdat dit verder af in die pad ingevloei het,” het Venter verduidelik.

Venter het die Stad van Ekurhuleni gekontak en die daaropvolgende Maandag is die pyplyn wat geblokkeer was, oopgemaak.


Mike Longworth (80), wat op die perseel woon, staan voor die swembad wat nou gevul is met stinkende riool.

Dit het veroorsaak dat die riool nie meer by die drein in Venter se erf uitgeloop het nie. Navrae aan die span wat die werk verrig het oor die toestand van sy erf en veral die swembad het egter op dowe ore geval.

“Ek het die situasie daarna verskeie kere aangemeld en met talle rolspelers gekommunikeer, maar daar is geen oplossing vir die swembad nie,” het Venter gesê.

Daar woon onder andere ’n bejaarde man (80) op die perseel en sy woonarea is baie naby aan die swembad.

“Op die Sondag toe die riool vrylik geloop het, kon hy nie eens uit sy blyplek kom nie. Ons moes hom met die hulp van ’n leer help om oor die stinkende riool te kom,” het Venter vertel.

Venter het intussen die erf self skoongemaak en die plaveisel rondom die swembad afgespuit om dit leefbaar te maak.


LEES OOK: Ekurhuleni allocates R285m to fix potholes across the city


“Dié afskuwelike taak het ek aangepak met rubberstewels, handskoene en ’n gesigmasker.”

Tog het dit min gehelp, aangesien die swembad steeds gevul is met rou riool en ander items wat in die swart, stinkende water dryf.

“Wanneer die son die water bak, is die reuk veral ondraaglik. Die water sal uitgepomp en verwyder moet word, maar ek is meegedeel dat die ‘trok’ wat dit kan vermag, buite werking is,” het hy bygevoeg.

“Dit gaan ’n enorme bedrag kos om dit self te laat doen, en in ag genome dat die probleem nie deur my veroorsaak is nie, is dit nie aanvaarbaar nie. Daar is ook groot kostes daaraan verbonde om ’n swembad weer vol te maak.”

Die Stad van Ekurhuleni is genader vir kommentaar oor die situasie, teen druktyd was daar nog geen terugvoering.


LEES OOK: Village of Hope outreach feeds hungry school children on their way home


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button